Labels

2010s (53) Eindspel (41) Westerse Kultuur (37) Finansiele Krisis (31) 21ste eeu (29) Musiek (22) VSA (21) Ekonomie (20) Linkse Politiek (17) Piek Olie (15) Suid Afrika (14) Demografie (13) Ideologie (13) 20ste eeu (12) Frankryk (12) Europa (9) Griekeland (9) 1960s (8) Egipte (8) 1800s (7) 1950s (7) ANC (7) Afrika (7) Brittanje (7) Westerse Wetenskap (7) 1970s (6) Energie (6) Engeland (6) Spanje (6) Afrikaners (5) Duitsland (4) Italie (4) Multikulturalisme (4) 1700s (3) 1940s (3) 1980s (3) Apartheid (3) Bach (3) Boere (3) Doolhof (3) Godsdiens (3) Kuns (3) Noorwee (3) Onluste (3) Rhodesie (3) Schubert (3) Sjina (3) Vrystaat (3) 1500s (2) 1600s (2) Indie (2) Kolonialisme (2) Liberaal (2) Politiek (2) Rusland (2) 1910s (1) 1920s (1) 1930s (1) 1990s (1) 2000s (1) Australie (1) Fisika (1) Glen Miller (1) Grensoorlog (1) Grieg (1) Israel (1) Kuba (1) Libie (1) Mandela (1) Midde-Ooste (1) Mohammedanisme (1) Mosambiek (1) Offenbach (1) Sibelius (1) Swede (1) Terrorisme (1) Vermeer (1)

woensdag 30 mei 2012

En las fauces del cocodrilo

Goya: De qué sirve una taza?
Spanje is nou in die kake van die krokodil.

The Telegraph haal aan “We’re in a situation of total emergency, the worst crisis we have ever lived through...” en 'n senior Westerse bankier se opinie is dat  “the collapse in Spanish tax revenues is replicating the pattern in Greece. Fiscal revenues have fallen 4.8pc over the last year, and VAT returns have slumped 14.6pc. Debt service costs have risen by 18pc. The country is caught in a classic deflationary vice: a rising debt burden on a shrinking economic base. “Once you get into such a negative feedback loop, you can move beyond the point of no return quickly,...””

La suerte esta echada.

Lees die volle artikel hier.

dinsdag 29 mei 2012

Louis Farrakhan oor Amerikaanse demografie

Die (wit) regerende klasse in Westerse demokrasiee baseer baie van hulle toekomsvisie op die illusie van kontrole, naamlik dat hulle, en hulle opvolgers dieselfde (linksgeorienteerde) politiek aanhang en dat liberale demokrasie die noodwendig resultaat van ontwikkeling is.


Met ander woorde, hulle maak die aanname, dat nieteenstaande drastiese en vinnige verandering in demografie, die (linkse) regeerders van die toekoms dieselfde ideologie en etiek aanhang as die huidige, veral omdat hulle glo dat linksgesinde ideologie universeel is.


Die aanname is natuurlik vals, en is gebaseer in die Illusie van Optimisme (dit is die stelling dat die toekoms net soos die verlede en huidige era sal lyk).


Dit is steeds moeilik vir die Westerse mens om die volgende twee feite, beide gebaseer in demografie, te aanvaar: (1)  Wanneer (nie as nie, maar wanneer) die demografie genoegsaam verander het, sal die huidige linksgesinde ideologie vervang word, en (2) die nuwe regeerders sal ‘n ander agenda en ideologie aanhang – hulle deel nie die persepsies en einddoele van die huidige klomp (wat hulle eie graf grou) nie. Die nuwe regeerders sal waarskynlik baie negatief teenoor die voormalige orde staan.


Die resultaat van die vinnig veranderende demografie in die VSA word hier onder deur Louis Farrakhan bespreek. As ‘n ouer man sal hy waarskynlik nie lank genoeg leef om die resultaat van sy voorspellings te sien nie (wat nog een of twee dekades kan neem). Maar selfs al word wat hy beweer tans verwerp, is hy nie noodwendig verkeerd nie.


Net soos Farrakhan was Robert Mugabe eens as onbenullig beskou. Weens demografiese realiteite het die Westerse Linkerkant hom uiteindelik voorgehou as die oplossing vir Rhodesie se probleme, terwyl hulle self geglo het dat Mugabe hulle basiese linksgesinde en demokratiese doelwitte steun.


Mugabe het kontrole oorgeneem, en dit blyk toe dat geen van sy doelwitte en ideologie enige verwantskap met die idees van sy linksgesinde Westerse ondersteuners het nie.


Verskillende bevolkings en kulture het verskillende doelwitte en ideologie, en dit is ‘n fout om te glo dat Westerse liberale demokrasie ‘n universele sisteem is wat deur alle mense begeer word.  Nog minder is dit so dat die diversiteit wat die Westerse Linkerkant begeer self ‘n universele eienskap van alle bevolkings is.

Die veranderende demografie in die VSA sal Farrakhan en sy opvolgers 'n groter deel van die VSA maak, en hulle idees sal onder groter bevolkingsgroepe versprei.  As die demografie genoegsaam verander, kan hulle uiteindelik ten minste die politiek van die VSA sterk beinvloed of selfs volle kontrole verkry.


Met ander woorde, die aanname dat die toekoms in die Weste met ‘n drastiese ander demografie net soos die hede gaan lyk, is gevaarlik verkeerd.

Brittanje se dekadensie in die Diamant Jubilie

Die meeste Britte weet dat Brittanje nie meer is wat dit eens was nie. Die eilande, wat 'n eeu terug die magtigste moontheid ter wereld was, wat mag oor die wereld kon projekteer, wat internasionale politiek gedomineer het, en wat ekonomies welvarend was, is nie meer wat dit was nie. Die eens netjiese stede en dorpe, die voortreklike fabrieke met harde en behendige werkers, met manne soos die in 'n geordende samelewing, is vandag vervalle, dekadent en in sosiale disfunksie.


Koningin Elisabeth II hou eersdaag haar diamant jubilie, en onder haar regering het Brittanje oor die dekades uitmekaar geval. Dit word byvoorbeeld hier opgemerk dat "Almost half of Britons believe Britain has changed for the worse during Queen Elizabeth's 60-year reign but most think that celebrations to mark her sixth decade on the throne will be good for business and Britain's character, a poll showed on Monday. Huge crowds are expected to celebrate 86-year-old Elizabeth's Diamond Jubilee next week, which is expected to be marked by a concert at Buckingham Palace, a procession through London and a 1,000-strong flotilla along the River Thames. An ITV News/ComRes poll found that 47 percent of those surveyed thought that Britain was not as good a place as before her reign, and just over half said they would not go to a jubilee street party or other celebration. The poll did not say how Britons felt their nation had changed for the worse. Elizabeth has presided over the demise of Britain's once vast empire and many Britons are now feeling the squeeze of tough government spending cuts to tackle a big budget deficit."


Lees die volle berig op die Reuters webwerf.

maandag 28 mei 2012

Tel af tot 18 Junie 2012

Cnbc berig dat "Greece will leave the euro zone on June 18 if the populist government wins the country’s elections on the 17 as the rest of the euro zone rounds on "cheaters," Nick Dewhirst, director at wealth management firm Integral Asset Management, told CNBC.com Monday. “The euro zone is a club but you get cheaters who get away with it until everyone finds out and at that point you need to remove them otherwise everyone will cheat. It’s better for Greece to leave,” Dewhirst said. He added that Greek society was built on cheating and scheming, saying “everyone does it” but that voters elsewhere in the euro zone were now calling Greece to account."

Intussen gaan die aftelling tot by 18 Junie 2012 voort, en op daardie dag sal ons uitvind of Griekeland gestem het om in die Euro area te bly en ekonomies onder te gaan, en of Griekeland gestem het om die Euro area te verlaat en om ekonomies onder te gaan.

Maar hier word naarstiglik beweer dat as Griekeland die Eurosone verlaat, dit nie te erg sal wees nie.

Dit mog so wees, maar ek dink dat die optimistiese vooruitsig dalk waar vir die Eurosone kan wees. Miskien word die ander krisisse opgelos, en in vyf jaar is die Eurosone, minus Griekeland, nog 'n eenheid.  Die katastrofe in Griekeland sal egter onverpoos voortduur.

Dit lyk ook asof die krisis weswaarts kan versprei, na eers Portugal, en daarna Spanje.

zaterdag 26 mei 2012

Eindspel en Dodedans


Die eindspel in Europa is besig om te ontvou soos dit moet. Terwyl Griekeland die “grexit” uit die Europese Unie beplan, begin dit nou duidelik word dat Spanje die volgende domino is wat gaan val.

The NYT merk op datAlvaro Saavedra Lopez, a senior executive for I.B.M. in Spain, says many of his corporate counterparts across the country are similarly looking for safer havens by transferring their spare cash to stronger euro zone countries like Germany “on a daily basis”” terwyl die moontlikheid van 'n volskaalse bankloop wat vanuit Griekeland na Spanje versprei meer waarskynlik begin lyk: “It is only a trickle so far, and not nearly enough to constitute a classic bank run. But these growing transfers of deposits out of troubled Spanish banks reflect a broader fear that the country’s problems could make it hard for Spaniards to get to their money if banks fail and cannot be supported by the government. In a worst case, some even worry their money will be worth substantially less if Spain is forced to leave the euro currency zone and re-adopt its old currency, the peseta.

Spaanse banke is teen die muur, en na afgrederings deur die graderings agentskappe S&P en Moody's is dit duidelik dat die Spaanse ekonomie nou in vrye val is en dat dit waarskynlik reeds in die derde kwartaal van die jaar in resessie sal wees. Dit word hier soos volg opgesom:It’s not looking good for the Spanish banking system. Standard & Poor’s just slashed the credit ratings of five banks and said the country is headed into a double-dip recession. One of them, Bankia, just asked the government for 19 billion euros in aid - a roughly $23.8 billion boost. That makes it the largest bank bailout in Spain’s history. Combined with escalating concerns that Greece is about to execute its so-called Grexit from the euro currency, the news is doing nothing to alleviate the heightened anxiety in the euro zone.

donderdag 24 mei 2012

Om Detroit af te breek

Uiteindelik het die ligte een vir een afgegaan....



"Detroit, whose 139 square miles contain 60 percent fewer residents than in 1950, will try to nudge them into a smaller living space by eliminating almost half its streetlights...As it is, 40 percent of the 88,000 streetlights are broken and the city, whose finances are to be overseen by an appointed board, can’t afford to fix them. Mayor Dave Bing’s plan would create an authority to borrow $160 million to upgrade and reduce the number of streetlights to 46,000. Maintenance would be contracted out, saving the city $10 million a year."

So eindig Detriot, eens 'n ryk stad, vandag net 'n bankrotbuurt, en more dan ruines.

Lees verder hier.

woensdag 23 mei 2012

Om wit Suid Afrikaners te terroriseer

Wit Suid Afrikaners word reeds 18 jaar lank in hulle huise geterroriseer met moord, verkragting en aanvalle. Dit is steeds 'n taboe om oor die aanvalle in die Westerse Pers te berig. Daar is baie redes hiervoor, onder andere die vrees vir die rassekaart asook politieke korrektheid. Maar miskien die belangrikste rede is dat die Westerse Pers, en Westerse politici, 'n aandeel het in 'n goeie post-apartheid Suid Afrika, wat hulle self geskep het deur die ou Suid Afrika en Rhodesie af te breek.

Sedert 1994 het wit Suid Afrikaners 'n verskriklike prys betaal in die aanvalle waarin so baie vermoor en beseer is. Berigte oor die aanvalle, veral oor die verkragtings, aanvalle en moorde op wit Suid Afrikaners, is maar min, en die Westerse Pers wat steeds op minder belangrike gebeurtenisse soos hierdie berig, maar wat veel egter misdaad oor die rasgrens liefs ignoreer.

Vandag se nuus sluit onder andere berigte oor die moorde op 'n 5 maande oue kind (Wiehan Botes, verwurg) en sy oppasser, die 66 jaar oue Me de Goede (ook verwurg). Dit is die natuur van misdaad op wit Suid Afrikaners, moedswillig om die mense te terroriseer, terwyl die Weste liewers wegkyk.

Hier volg 'n berig oor 'n aanval uit gister se koerant in Bloemfontein. Die artikel kan hier gelees word.

2012-05-23

André Damons

Skaars twee weke ná die inhegtenisneming van vier lede van ’n vermeende panga-rowerbende wat ’n skrikbewind in die suide van Bloemfontein gevoer het, is ’n pa van twee jong kinders aan die ander kant van die stad wreed deur vier mans met kapmesse in sy huis vermoor.

Frans Day (38), ’n werktuigkundige wat onlangs van Boksburg af verhuis het, is Vrydag omstreeks middernag in sy huis in Navalsig vermoor.

Drie van sy moordenaars was met kapmesse gewapen en die vierde met ’n pistool.

Die Day-gesin is minstens die sewende gesin wat die laaste maande in die Rosestad deur mans met pangas in hul huise aangeval is.

dinsdag 22 mei 2012

Protes deur Occupy

Alhoewel die Westerse Pers die Adbuster protes kampanje feitlik heeltemal ignoreer, is daar steeds volgehoue protes aan die gang in Montreal, New York, en verskeie stede in die Eurosone en die VSA. Die saambindende faktor is die protes beweging is anti-kapitalisme, wat die beweging verwoord met die 99%-1% separasie.

Die polisie het hulle taktiek aangepas met laas jaar se demonstrasies se taktiek, en die Beweging is nou besig om nuwe metodes uit te toets. In die onderstaande video vanuit die Eurosone, is die protesters besig om verf te gebruik as deel van hulle protes. Dit maak optrede deur die polisie morsig (vir die polisie). Ander metodes word ook in Montreal uitgetoets en ons sal weldra meer oor die hoor.

Op die Adbuster webwerf word opgemerk datThe global Occupy movement is undergoing a period of sustained tactical innovation. In the U.S. occupiers are experimenting with new techniques of nonviolent protest inspired by the Black Bloc. In Quebec, we are testing whether a sustained student uprising against fee hikes can spark a broad base anti-capitalist insurrection. In Spain, the indignados are imagining new ways of holding people’s assemblies without permanent encampments in the squares. And perhaps the most important tactical breakthrough has come from Germany where last week 25,000 occupiers took the streets for Blockupy, three days of visceral protest against capitalism and the logic of austerity.

zaterdag 19 mei 2012

Moderne Westerse kultuur in flieks

Cannes (CC: Bochenek)
Daar was eras toe Westerse kultuur rondom godsdiens of nasionale mag gesentreed was.

Moderne Westerse kultuur is egter 'n uitvloeisel van seks, wat die moderne Westerse mens defineer en die sentrale rol in die gemeenskap en kultuur speel. Dit is weereens in Cannes geillustreer, en word soos volg berig:

"The youngest director in the Cannes selection, 23-year-old Canadian Xavier Dolan wades into brave territory with "Laurence Anyways," about a man going through a sex change with his girlfriend's help.

On his 35th birthday, Laurence -- a popular high-school teacher played by French actor Melvil Poupaud -- drops a bombshell on his loving partner: for as long as he can remember he has felt like a woman trapped in a man's body.

First knocked sideways by shock, she decides to stand by his side, from the first time he steps out in make-up to a full-blown gender change, a powerful, painful journey that takes them all the way through the 1990s."

Lees die res hier.

PS. Die betekenis van woorde soos "brave", "partner", "woman" of "man" en wat die terme betekenis vir self-identifikasie, is merkwaardig in die historiese konteks (vanaf miskien 1950).

donderdag 17 mei 2012

Obama geesterversteurings sindroom

Die volgende is 'n demonstrasie van hoe diep die kloof tussen die Westerse Linkerkant en hulle politieke opponente geword het.  Die kloof is tans sigbaar in die reaksie van die Regterkant op onthullings oor President Obama se herkoms (daar word beweer dat hy nie in die VSA gebore is nie, en dus nie kwalifiseer vir die presidentskap nie). 

Die Linkerkant het enorme skade aan Westerse kultuur gedoen, en is feitlik eiehandig besig om Westerse kultuur en hegemonie steen vir steen af te breek. Die reaksie van hulle opponente is, alhoewel voorspelbaar, ekstreem. Die Regterkant lei aan 'n geestesversteuring wat deur die Linkerkant se voorspelbare oorwinnings veroorsaak word.

In die VSA het die Linkerkant onlangs reggekry om Barack Obama as president verkies te kry, in weerwil van die groot hoeveelheid data dat Mnr Obama met Verlinkse aktiviste geheul het, dat hyself geen noemenswaardige politieke ondervinding behalwe sy twee jaar in die Senaat het nie (en dat hy omtrent in die helfte van die stemme in die Senaat net as “teenswoordig” gestem het).

Dit is dus sonder enige gevoel van verrassing dat ek op breitbart lees dat “Breitbart News has obtained a promotional booklet produced in 1991 by Barack Obama's then-literary agency, Acton & Dystel, which touts Obama as "born in Kenya and raised in Indonesia and Hawaii." The booklet, which was distributed to "business colleagues" in the publishing industry, includes a brief biography of Obama among the biographies of eighty-nine other authors represented by Acton & Dystel. It also promotes Obama's anticipated first book, Journeys in Black and White--which Obama abandoned, later publishing Dreams from My Father instead.